Dinsdag 25 November 2014

KERSFEES WAPENSTILSTAND VAN 100 JAAR GELEDE, HET VIR ONS ‘N BOODSKAP VAN HOOP

KERSFEES WAPENSTILSTAND 
VAN 100 JAAR GELEDE, HET VIR ONS
‘N BOODSKAP VAN HOOP

Die eerste winter en Kersfees van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 is gekenmerk deur ‘n reeks wapenstilstande aan die Westelike front tussen die Duitse en Engelse magte. In die week voor Kersfees het die verskillende magte Kersliedere vir mekaar oor en weer gesing. Daar moet onthou word dat die niemandsland tussen die fronte maar baie nou was en hulle mekaar kon hoor.
Op Oukersaand 1914 en op Kersdag 2014 het die Duitse, Engelse en mindere magte die Franse soldate hulle bomskuilings en loopgrawe verlaat en mekaar in niemandsland ontmoet. Hulle het geskenke, sjokolade, alkohol en sigarette onder mekaar uitgedeel. Hulle het die dooies en gewondes verwyder en daar is selfs aangeteken ‘n sokkerwedstryd tussen die Britte en Duitsers op Kersdag  2014. In sommige dele van die front het die welwillendheid geduur tot die dag na Kersfees en op ander dele van die front het dit geduur tot Nuwejaarsdag.

“Future nature writer Henry Williamson, then a collow nineteen – year – old  private in the London Rifle Brigade, wrote excitedly to his mother on Boxing Day: Dear Mother, I am writing from the trenches, is 11 o'clock in the morning. Beside me is a coke fire, opposite me a 'dug-out' (wet) with straw in it. The ground is sloppy in the actual trench, but frozen elsewhere. In my mouth is a pipe presented by the Princess Mary. In the pipe is tobacco. Of course, you say. But wait. In the pipe is German tobacco. Haha, you say, from a prisoner or found in a captured trench. Oh dear, no! From a German soldier. Yes a live German soldier from his own trench. Yesterday the British & Germans met & shook hands in the Ground between the trenches, & exchanged souvenirs, & shook hands. Yes, all day Xmas day, & as I write. Marvellous, isn't it?"



From The Illustrated London News of January 9, 1915: “British and German soldiers Arm – in – Arm Exhanging Headgear: A Christmas Truce between Opposing Trenches. (Wikipedia)





Die militêre owerhede was natuurlik woedend gewees, want die soldate het na die wapenstilstand mekaar as mense beleef en was nie baie ernstig om mekaar te beveg nie. Dit het die militêre owerhede gedwing om magte te verplaas en te verskuif. Dit het tyd gevat voordat die oorlog weer sy volle momentum bereik het. Daar is natuurlik ook ‘n verbod geplaas op die soldate om nie weer sulke welwillendheidsgebare teenoor die vyand te herhaal nie.
Tog in die historiese gebeure van presies 100 jaar gelede, skemer medemenslikheid en die lewensveranderde krag van die Christus geboorte en Kersfees deur. Diep in elke mens se hart soek hy en sy vrede en welwillendheid. Maar dit vra dapperheid van ons, soos van die offisiere tydens die Kersfees van 1914 aan die Westelike front om te werk vir vrede en welwillendheid. Ons lewe in ‘n brutale wêreld, waar sulke wonderverhale, heldeverhale ons nuwe hoop gee dat dit wel moontlik is. Natuurlik moet dit nie na Kersfees of Nuwejaar ophou nie.
Ons moet volhardend dapper genoeg wees om in die mees brutale tye van konflik tussen mense, rassegroete en volkere ‘n slag te slaan vir vrede en welwillendheid.
Christus het met sy geboorte, kruisiging en opstanding, mense en mensegroepe met mekaar versoen. Hy was dapper genoeg om aan die kruis te sterf om welwillendheid en vrede moontlik te maak. Wil jy deel wees van die ewige skietstilstand en vrede wat Christus gebring het. Beveg eerder die kwaad met die goeie. Net dapper mense met integriteit, vervul deur die Heilige Gees kan dit regkry.

Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide

  



Dinsdag 22 April 2014

NG Kerk Adelaide: KAIROS TYD IS GOD SE TYD

NG Kerk Adelaide: KAIROS TYD IS GOD SE TYD: KAIROS TYD IS GOD SE TYD Waarom talm God so? Waarom vat God sy eie tyd? Waarom werk God nie haastiger? In 'n wêreld gekenmerk deur ly...

KAIROS TYD IS GOD SE TYD

KAIROS TYD IS GOD SE TYD
Waarom talm God so? Waarom vat God sy eie tyd? Waarom werk God nie haastiger? In 'n wêreld gekenmerk deur lyding word die vraag gereeld gevra deur gelowiges en ongelowiges. Deel van die antwoord is dalk om te kyk na die onderskeiding van die gebruik van die volgende twee Griekse woorde “chronos” en “kairos”. “Chronos is soos horlosietyd, 24 ure in 'n dag, 60 minute in 'n uur en 60 sekondes in 'n minuut. Ons gebruik “chronos” tyd om ons dag te beplan of om afsprake te bevestig. “Kairos” tyd beteken die volmaakte oomblik op die regte tyd en regte plek. Dit is die volmaakte regte oomblik soos wat 'n foto op presies die regte oomblik geneem word.
“Kairos” tyd is die spesifieke oomblik wat alles tegelyk gebeur. Wanneer verskillende gebeurtenisse en omstandighede vir daardie oomblik bymekaar uitkom. Dit kan natuurlik 'n goeie of 'n slegte uitkoms wees. Ons as gelowiges glo dat God die goeie en die slegte goed wat met ons gebeur, alles vir ons ten goede laat meewerk. Die meeste wonderwerke is “kairos” momente. Daarom praat ons as gelowiges nie van “toevallig” nie, maar van “Godsvallig”.
Aristoteles, 'n antieke Griekse filosoof sê dat “kairos” die tyd en spasie is waarbinne bewyse van ingrype (in retoriek) plaasvind. Ons as Christene sou Aristoteles kon verfyn, deur te sê “kairos” oomblikke is tye en spasies waar God Homself aan die mens bewys, as die teenwoordige God. Ons almal het sulke Godsmomente waar God helder en duidelik Homself openbaar. Sulke Godsmomente is gewoonlik die groot en klein wonderwerke wat ons elke dag in ons lewe ervaar.
Die troos is dat ons Jesus, dikwels sal vind werk op 'n spesifieke oomblik, spesifieke plek en spesifieke omstandigheid. Wanneer al die faktore volmaak is, sal Jesus ingryp. Daarom beteken die woord “kairos” (moderne en klassieke Grieks) ook “weersomstandighede”.
'n Spesifieke weersomstandigheid sal eers plaasvind wanneer al die faktore daarvoor gunstig is. Nie verniet word die wederkoms van die Here verbind met weerverskynsels nie. Die Here sal op die “kairos” moment, die volmaakte tydstip sal Hy kom en die nuwe hemel en aarde vestig. Ons werk in die “chronos”. God werk in die “kairos”. Daarom verstaan ons God aldag nie so reg nie. AMEN

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide)

Dinsdag 15 April 2014

'n Generasie van SELFIES

‘n Generasie van SELFIES
Tien jaar gelede het niemand geweet wat is ‘n “SELFIE” nie. Die jaar 2013 staan bekend as die jaar van die “selfie”. ‘n “Selfie” is ‘n tipe self-portret foto, wat gewoonlik met ‘n kamerafoon geneem word. Moderne selfone het deesdae almal twee kamera – lense, een om objekte af te neem en ander kamera om jouself af te neem. Laasgenoemde se kameralens is gewoonlik aan die voorkant van jou foon. Natuurlik kan dit ook vir video –gesprekke gebruik word

Ek het onlangs op ‘n E – kerk publikasie van Dries Cronje, Pierre Engelbrecht,  Stephan Joubert en ander skrywers die volgende insiggewende feite raak gelees.
Die word “selfie”  is die eerste keer op 13 September 2002 gebruik in die ABC Online forum in Australië. Die hashtag# selfie het populêr geraak op al die sosiale media platforms. Sederdien het die “selfie” die internet oorgeneem. ‘n Onlangse verskynsels is waar dames mekaar uitgedaag het of Facebook om “selfies” te neem sonder enige grimering, ten bate van borskanker. So ontstaan aanlyn speletjies met “selfies”. In “datingklubs” en pornokringe vind ‘n mens natuurlik die ergste vorme van die gebruik “selfies”. Daar was in die onlangse verlede ook die Selfie Olimpiese Spele op Twitter.  Feitlik daagliks is die sosiale media oorstroom met fotos wat mense van hulself geneem het. Op die Instagram is die gebruik van “selfies” ook hoog op die lys.
Dit is ‘n verskuiwing wat plaasgevind het, waarmee ons in feitlik al die vakrigtings  van kennis moet neem. Dit kan nie maar net ontken word nie. Ons moet daarvan kennis neem om te kan kommunikeer met mense.
Die tydperk van “selfies” laat baie rooi ligte flikker. Mense kry ‘n gevoel van selfbewustheid, selfbelangrikheid, eie ego en die skepping van ‘n “image” wat dikwels nie ‘n getroue weergawe van jouself is nie. In “selfies” deel mense hulle persoonlike ervaringe met ander. Die deel van die “ervaring” word selfs belangriker as die ervaring self. Mense is so besig om die ervaring te deel, dat die genot van die ervaring daarmee heen is. Mense kan nie meer “in the moment” wees nie, hulle moet altyd deel en kommunikeer. “Selfies” kan ook ‘n element van spog en hoogmoed ontwikkel by gereelde gebruik daarvan. Fisiese voorkoms en nie innerlike lewenskwaliteite word ten toon gestel.
“Selfies” maak die mens meer en meer selfgesentreerd, dat die mens dikwels die middelpunt van alles word. Dit veroorsaak dat God, medemens en omgewing dikwels uitgerangeer word. Die beheptheid met die self het ‘n algehele hoogtepunt bereik. My behoeftes, my ideale, my gemak, my beeld, my gerief en my belangrikheid word sentraal.
Nuwere ontwikkeling wat ek raakgelees het is dat “Mirror – selfies” nou ook in die mode kom, waar mense fotos van hulself in ‘n spieël neem. Dit word selfs in die kunste gebruik en selfs in die kommersiële wêreld .
Ons het van ‘n tegniese rewolusie oorgegaan na die inligtingsrewolusie. Groot korporatiewe maatskappye het nie meer alleen beheer oor inligting nie. Enige indiwidu kan vandag gehoor en gesien word op die internet. “Selfies” wat goed gedoen is of uitdagend of seksueel van aard is kan binne minute die hele wêreld vol wees. Die “selfie” generasie het dit minder erg aan privaatheid en is nie skaam om persoonlike goed vir die wêreld te vertel nie. Daarom kry ‘n mens dat mense vandag tot in detail sal vertel oor hulle lewe op Facebook en selfs vuilwasgoed sal was op Facebook. Natuurlik ken ons die aaklike bekgevegte wat tussen mense ook plaasvind op die soaiale media. Die “spot” element om die ander te verneder kom ook daagliks voor.
Natuurlik is “selfies” opsigself nie negatief of boos nie. Mense kan deel waaroor hulle passievol is. Mense kan konnekteer en bande behou. Mense kan met groot groepe mense op een slag kommunikeer. Mense kan bewustheid vir goeie sake bevorder. Daarom moet ons nie die baba, saam met die badwater uitgooi nie.
Positief kan ons leer uit die “selfie” fenomeen, dat mense eerstens ‘n behoefte het om te deel. Mense wil hulle ervaringe met ander mense deel. Daarom sal ons juis in die kerk ‘n ruimte moet skep waar mense hulle ervaringe, ook geloofservaringe kan deel met ander. Die tweede behoefte wat geidentifiseer kan word is dat mense dikwels ‘n gevoel van eensaamheid het. Die neem van ‘n “selfie”, plaas jou in die gesprekslyn op die sosiale media en verlig jou eensaamheid. Die vraag is of die kerk genoeg ingestel is om die eensaamheid van mense aan te spreek. Dit is mos juis een van die kernidentiteite en geloofswaarhede van die kerk, naamlik: “Ons glo in die gemeenskap van gelowiges”
Ons as kerk moet ook leer om ‘n digitale teenwoordigheid te hê in ‘n digitale wêreld. Ons kan nie meer kerk wees soos 20 jaar terug nie. Natuurlik moet ons via die digitale media gebruikers aanmoedig om te fokus op ander en op die ekologie. Die positiewe gebruik van digitale media kan niemand ontken nie. Dit is hier om te bly. Ons moet dit net reg bestuur tot eer van God. Daarvoor moet elkeen van ons self verantwoordelikheid neem, wanneer hy of sy die “ENTER” knoppie druk. Dit vertel meer van jou as enigiets anders.

 (Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide)