In
die foto is die drie Botha seuntjies van Theuns en Eleanor Botha, wat
hul verwonder oor ‘n kersvlam. Met seuntjiesoë en kinderlike
opregtheid is hulle in ‘n ander wêreld van “magic”.
Kersfees is ook ‘n tyd van verwondering en “magic”. ‘n Tyd om
jou te verwonder aan die Lig van die wêreld.
Die
eerste opdrag wat God gegee het is “Laat daar lig wees …” En
daar was lig. So begin die Ou Testament. Die Johannes Evangelie
in die Nuwe Testament begin ook met die woorde: “Die ware lig wat
elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe.” Insiggewend dat
altwee die Testamante begin met die verwysing van lig. Die lig van
die Ou Testament het skeiding gebring tussen dag en nag. Die Lig van
die Nuwe Testament bring skeiding tussen hoop en wanhoop, tussen
skuld en bevryding. Die Lig van die Nuwe Testament bring skeiding
tussen regverdig en goddeloos. Die Lig is vir alle mense, om aan te
neem. Hoe nader jy aan die lig lewe kom, hoe beter kan jy vir God en
jou naaste sien. Hoe verder jy van die Lig lewe, hoe meer onsigbaar
word God vir jou en later kan jy ook nie eers meer die gesig van jou
naaste raaksien nie. Ons praat van ‘n Godsverduistering wat
plaasvind, soortgelyk as ‘n sonsverduistering.
Hoe
verder 'n mens aan die lig van die kers sit, hoe minder kan jy vir
God en ander mense raaksien. Hoe nader jy aan Jesus Christus, die Lig
van die wêreld leef, hoe meer sien jy God se werke in jou lewe raak.
Jy sien dan ook skielik die gesig van jou naaste baie duidelik.
Daarom is die oproep in 1 Johannes om naby aan die Lig te leef. Ja,
om die Lig aan te neem ! Om as't ware die Lig te omhels.
In
die begin van die Ou Testament lees ons van God wat die mens gemaak
het na die beeld van God. Met ander woorde, die MENS LYK SOOS GOD. In
Johannes 1 word gesê dat God vlees geword het – Hy het soos
die mens geword, behalwe in die sonde. Met ander woorde, die proses
is nou omgekeer: dat GOD NOU LYK SOOS DIE MENS, behalwe in die sonde.
Is dit nie Goddelike “magic” nie !
God
het in Jesus Christus, soos die mens geword, die beeld van die mens
aangeneem, sodat Hy met ons kan kommunikeer en ons kan help met ons
daaglikse wanhoop, seer en hooploosheid. Hy het kom word die Lig van
die wêreld. Goddelike “magic” !
'n
Baie mooi verhaal om dit te illustreer is die volgende: Daar was
eenmaal 'n ateïs, wat nie in God geglo het nie. Sy vrou was 'n
gelowige. Hulle het in 'n klein dorpie gebly in die Switse Alpe.
Dit
was ou Kersaand en dit het hewig gesneeu. Sy vrou het kerk toe
gegaan, want dit was die gebruik om kersliedere te sing, die aand
voor Kersfees. Hyself het egter verkies om by die huis te bly en sy
aand voor die TV deur te bring. Skielik hoor hy 'n “plons” teen
die ruit, en vir 'n tweede en derde keer. Toe kom hy agter dit is 'n
trekvoëltjie wat verdwaal het en êrens 'n warm plekkie soek om te
oornag. Hy gaan toe dadelik uit om die ou houtskuur se deur oop te
maak. Met 'n gewaai van arms en die namaak van voëlgeluide probeer
hy om die voëltjie in te lok in die skuur.
Nie
eers voëlkos kan die voëltjie oorreed om die warm skuur in te gaan
nie. Na 'n hele 10 minute se gesukkel, kom die wens by hom op om net
vir 1 minuut soos die voëltjie te word, sodat hy die voëltjie die
warm skuur kan binnelei. Op daardie oomblik lui die kerkklok. Net
daar val hy op die sneeu neer en bid vir die eerste keer in sy lewe.
Want toe hy die kerkklok hoor lui, besef hy vir die eerste keer
waarom Christus na die wêreld gekom het en hoekom Hy kom mens word
het. Hy het kom “mens word” met Kersfees om ons in die warm skuur
van God se genade en liefde in te lei. Hy het kom word soos ons,
behalwe in die sonde. Dit is die “magic” van Kersfees.
God
het in Jesus Christus, soos die mens geword, die beeld van die mens
aangeneem, sodat Hy met ons kan kommunikeer en ons kan help met ons
daaglikse wanhoop, seer en hooploosheid. Hy het kom word die Lig van
die wêreld. Goddelike “magic” !
Juis
daarom moet ons die Kersfees die Lig laat skyn en dit nie onder 'n
maatemmer verberg nie. Tereg sê Johannes 1: 4 dat Jesus die Lig is
en dat selfs nie eers die duisternis dit kon uitdoof nie. As't ware
skryf Johannes 'n bibliografie aangaande Jesus Christus en begin Hy
as't ware sy Evangelie met die stelling ”en die duisternis kon
dit nie uitdoof nie”, wat hy dan later in sy Evangelie bewys.
Met Jesus se kruisiging het dit donker geword. Vir 'n tydperk het dit
gelyk of die duisternis, die duiwel gaan wen.
Oor
'n tydperk van 3 dae was Jesus in die dood, asof in die hel, van God
en mens verlaat. Maar op Paassondag met die breek van die eerste lig
het Hy opgestaan uit die dood en lèèf Hy as die eerste Môrelig. Hy
kom nooi ons as't ware om in die LIG te leef. In vers 12 praat
Johannes van almal wat Hom aangeneem het, het Hy die reg gegee om
kinders van God te wees. As't ware om kinders van die Lig te wees.
Uit een kers kan jy miljoende kerse aansteek. Uit die opstanding van
die een Lig, is die lig in miljoende gelowiges wêreldwyd aangesteek.
Jesus
se lig is so helder, dat daar geen donkerte groot genoeg is om Sy lig
uit te doof nie. Maak nie saak hoe donker jy 'n vertrek maak nie,
daar sal nooit genoeg donkerte wees om die lig dood te maak nie. Die
lig wen altyd die donkerte. Juis daarom moet ons lig en hoop bring in
die wêreld wat ons leef. Jou kleinste daad van liefde en lig kan
nooit ongedaan gemaak word nie.
Dit
sneeubal voort in ander mense se lewe. So het Jesus se kruisdood en
opstanding gesneeubal in miljoene mense se lewe. Daar is mos nie
verniet aan Abraham beloof dat sy nageslag so baie sal wees soos die
sterre aan die hemelruim of soos die sand van die see. In Christus
Jesus het ons almal kinders van vader Abraham geword. So het die Lig
na die hele wêreld gekom. Die wonder is dat ons die lig kan aangee
na ander, deur self net die Lig te lewe.
Vers
16 sê aangrypend: “Uit sy oorvloed het ons almal genade op
genade ontvang.” As'y ware kry ons rente op rente genade by die
Here. Ons kry soveel genade, dit is soos 'n glas wat reeds vol water
is en nog water kry. Dit loop oor !
Dit
kos niks om die water te deel nie, want daar is reeds te veel water
vir my. Juis daarom moet ons die oorvloedige genade van die Here
aangee.
Somtyds
is ons ongehoorsaam en dan “briek” ons hierdie oorvloedige genade
van die Here.
Dit
is soos om 'n windpomp te “briek”. In die Noord – Kaap waar ek
die voorreg was om predikant te wees vir bykans 14 jaar, was 'n
windpomp alledaagse woordgebruik. Om 'n windpomp te “briek” is om
te keer dat dit nog water gee. Dikwels doof ons die “lig van die
Evangelie” uit of ons “briek die oorvloedige genade van God” in
ons eie lewe en ook in ander mense se lewe met wie ons in aanraking
kom. So kan ons dikwels die Gees se werking teenstaan. Johannes 3
praat mos van die Gees se werking is soos “wind”. Jy kan die wind
nie sien nie, maar jy sien werking van die wind. So kan jy God se
Gees nie sien, maar jy kan die Gees se werking sien in jou en ander
se lewe.
Om
die Evangelie nie aan te neem (vers 11 en 12) is om “die windpomp
te briek” Dan ontbreek dit jou aan die koel soet ondergrondse
water, wat uit jou siel kan borrel. Maar boeta, die wind kan ook 'n
windpomp se brieke afruk. Dan is daar geen keer aan die water nie. So
het Saulus God ook “gebriek”, totdat God se Gees sy brieke
afgeruk het op die pad van Damaskus. Toe was daar geen einde van
lewende water in die lewe van Paulus. Wanneer God se Gees jou
“brieke” afruk, dan verander jy sommer van naam ook – so
ingrypend werk die Gees.
Wanneer
die wind eers 'n vuur gevat het, kan niemand so 'n vuur keer nie. So
het dit ook in die geskiedenis van al die groot geestelike herlewings
gebeur. Dit steek die wêreld aan die brand. Daarom praat Johannes
Calvyn nie verniet van die Christelike hart, as die “brandende
hart” nie. Op Pinkstersondag het die Gees sommer in 'n oomblik,
3000 harte aan die brand gesteek met die ewige liefde.
Jesus
is die Lig van die wêreld. Sy lig het die wêreld aan die brand
gesteek. Sy Lig het onder ons kom woon en “kyk” ons kan sien !
Dit is die “magic” van Kersfees ….. ons kan “sien”.
Mag
u die Kersfees, met kinderlike onskuld u verwonder aan die “magic”
van Kersfees. Mag die “magic” u hele lewe verander.
Preekopsommings
is ook beskikbaar by ngkerkadelaide@blogspot.com.
U kan skriftelike opsommings van NG Kerk Adelaide se preke by
kerkkantoor op 'n weeklikse basis aanvra.
SMS
u kommentaar na 071 303 3700.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking