Daar
is baie soorte armoede in die wêreld soos hongerte, naaktheid,
moedeloosheid, liggaamlike swakheid, siekte, psigiese armoede,
ouderdom, eensaamheid, huisvestingsnood, sekuriteitsgebrek of
doodeenvoudig net die armoede aan liefde. Armoede aan liefde, kan 'n
mens beskryf as velhonger. Velhonger mense is mense wat net die
begeerte het om iewers deur iemand aangeraak te word in liefde en
deernis. Soos jy ouer word, slaan armoede oor ons almal toe.
Ouderdomsplooie is die armoedekrake van jou liggaam. Soos jy ouer
word, word jy bewus van hoe jy armer word aan kragte, gesondheid,
lewenslus, geleenthede, materiële sekuriteite en vriende. Die
fisiese dood is die finale kishou wat armoede vir almal slaan. Vir
fisiese en emosionele armoede is daar baie raad. Vir fisiese armoede
gee ons brood, sop, kleding, huisvesting, bou outehuise en weeshuise,
stig studiebeurse en ontwikkel ontwikkelingsprogramme. Vir emosionele
armoede skep ons ondersteuningsgroepe, en sosiale geleenthede om
mense te ondersteun. Daarom moet ons baie simpatiek met alle soorte
armoede omgaan, omdat dit ons almal op een of ander manier tref.
Die
boek Hebreërs handel oor ‘n ander soort nood. Dit handel oor
geloofsarmoede, geloofsnood, geloofsverlies, geloofsdroogte en
geloofsuitputting. Hebreërs handel oor geloof ! Die Hebreërskrywer
probeer nie om die geloof te skep in gelowiges nie. Nee, dit is
geskryf om gelowiges wat reeds glo, te help om in die geloof te bly.
In elke mens se geloofslewe is daar hoogtepunte, laagtepunte, geloofsoasisse en woestyntye. Christus het ook hoogtepunte gehad, toe die Heilige Gees soos ‘n duif oor Hom neergedaal het, om net daarna homself in die woestyn van verlatenheid te vind. Op die berg van verheerliking het Hy saam met Moses en Elia verskyn. Om net later van mens en van God verlate te wees aan die kruis.
Geloof is ‘n stryd ! Hebreërs sê dit is ‘n marathon ! Geloof is nie maklik nie. Van mense wat in die geloof volhard word gepraat van geloofshelde. Daar word as’t ware gepraat van ‘n heldegalery van gelowiges genoem wat dit gemaak het.
Somtyds
is dit maklik om te glo. Somtyds is dit baie moeilik om te glo. Ons
gelese gedeelte verse 32 – 38 oorspan ‘n tyd van ongeveer 1000
jaar, vanaf die Rigtertydperk tot by die Makkabeërtydperk.
Vers
32 – 35 was ‘n tyd toe dit maklik was om te glo.Vers 36 – 38 was ‘n tyd toe dit moeilik was om te glo
Vers 32 – 35 handel oor 'n tyd toe dit maklik was om te glo. Dit was 'n tydperk vol Hallelujah – ervarings.
Heb 11:32 En wat sal ek nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek as ek van Gídeon, Barak en Simson en Jefta, Dawid en Samuel en die profete sou verhaal,
Heb
11:33 wat deur die geloof koninkryke oorweldig het,
geregtigheid uitgeoefen, beloftes verkry, bekke van leeus toegestop,
Heb
11:34 die krag van vuur uitgeblus, die skerpte van die swaard
ontvlug, krag uit swakheid ontvang het, dapper gewees het in die
oorlog, leërs van vreemdes op die vlug gedryf het.
Heb
11:35 Vroue het hulle dode deur opstanding teruggekry, en ander
is gefolter en wou geen bevryding aanneem nie, om ‘n beter
opstanding te kan verkry.
So
is daar in die gelowige se lewe besondere tye van gebedsverhoring en
tye toe God Homself op baie spesiale maniere openbaar het. Dan is dit
makliker om te glo. Dink bv aan die Slag van Bloedrivier en die 1994
eerste Suid – Afrikaanse Demokratiese Verkiesing toe alles
vreedsaam verloop het.
Verse
36 – 38 handel oor 'n tyd toe dit moeilik was om te glo. Die lewe
het soos vals note begin klink. Die lewe het sy melodie verloor. Dit
is die Klaagliedere – ervarings van die lewe. Dit is die tye wat
dinge skeef loop in jou lewe.
Heb 11:36 Ander weer het die proef van bespottinge en geselinge deurstaan, ook van boeie en gevangenis.
Heb 11:36 Ander weer het die proef van bespottinge en geselinge deurstaan, ook van boeie en gevangenis.
Heb
11:37 Hulle is gestenig, in stukke gesaag, versoek, deur die
swaard vermoor. Hulle het rondgeloop in skaapvelle en in bokvelle;
hulle het gebrek gely, hulle is verdruk, mishandel—
Heb
11:38 die wêreld was hulle nie werd nie—hulle het in
woestyne rondgedwaal en op berge en in spelonke en skeure in die
grond.
Dit
is die tye wat jy jy skaars meer 'n noot oor het.
Die
lewe het sy sin en betekenis vir jou verloor. Jy sit op moedverloor
se vlak. Jy bid, maar jy voel jy bid teen 'n muur vas. God voel vir
jou baie ver ! Jy begin aan God se bestaan twyfel. God maak nie meer
vir jou sin nie. Jy voel skuldig, omdat jy voel jy het jou geloof
verloor. Jy voel verlore.
Die
goeie nuus is dat God verstaan as ons somtyds twyfel. Hy wil ons help
in ons twyfel soos Hy vir Johannes die Doper en vir die twyfelende
Thomas gehelp het. Johannes die Doper het gewonder in die tronk, of
hy die regte Messias en Gesalfte gedoop het. Daarom vra hy die vraag
of Jesus die regte Gesalfte is of moet ons iemand anders verwag. Dan
versterk die Here hom met die versekering dat hy moet kyk na al die
wondertekens wat plaasvind. Die twyfelende Thomas het gewonder of
Jesus regtig opgestaan het. Dan help Jesus hom, deur hom te laat vat
aan sy wonde, om hom te oortuig. Woestynervarings in die geloof tref
die meeste van die gelowiges en heiliges.
Dit
is koud en donker.
Dit
is leeg en dood.
Kaste
dood, leeg soos skedelgate
Dit
is winternag daarbuite.
Winter
in my siel.
Eensaamheid
lê vlak
Geen
vuur, geen lig, geen bron van hoop
My
geloof is koud
My
siel eensaam – soos die graf
(Anoniem)
Om met God te worstel, is van die mees diepste en intense ervarings waaraan 'n mens blootgestel kan word. Jakob het by die Jabok met God ook geworstel. In die proses het hy mank geword, maar hy het God gevind, of moet ons liewer sê God het hom gevind.
Maar
hoe kan ons geloofsarmoede weer omsit in geloofsrykdom en
geloofsgroei? Ons teksgedeelte gee vir ons die antwoord baie
duidelik:
1.
Vestig julle oog op Jesus Christus en nie op julle eie geloof nie.
2.
Laat julle versterk, deur die getuienis van medegelowiges en die
onderlinge koinonia (gemeenskap van gelowiges)
Heb
12:1 Daarom dan, terwyl
ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het
(2 hierbo), laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons
so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,
Heb
12:2 die oog gevestig op
Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof
(1 hierbo), wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die
kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die
troon van God gaan sit het.
Die
Here wil ons veral ook deur die gemeenskap van gelowiges, soos
in die tyd van Hebreërs versterk. Daarom is die onderlinge getuienis
van hoe God in medegelowiges se lewe werk van groot belang. Let op
wat sê Heb 10: 23 – 25 oor die gemeenskap van gelowiges. (Let op
na die beklemtoning in die teks).
Heb
10:23 Laat
ons
die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit
beloof het, is getrou; Heb 10:24 en laat
ons
op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; Heb
10:25 en laat
ons
ons
onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie,
maar laat
ons
mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader
kom.
Let
ook op na die onderstreping, van hoe belangrik God die samekoms van
die gemeente ag. Godsdiens is nie maar net 'n privaat geleentheid
voor die radio of TV nie. Nee, dit is 'n publieke samekoms van God se
gemeente. So wil God dit hê. Wanneer kole los van die vuur lê word
dit gou koud. Maar tussen die ander kole bly dit warm.
Newbegin
skryf dat Jesus nie 'n boek geskryf het nie. Nee, Hy het dit
oorgelaat aan die apostels om Evangelies en briewe te skryf. Jesus
het eerder “a Community” gevestig – so belangrik ag Jesus die
kerk en die samekoms van gelowiges. Geloof is om te belê in die
onsienlike.
Dit is soos 'n brug in mistige weer. Jy kan nie sien of die brug anderkant weer grond raak nie. Maar jou vorige ervarings en die beweging van die verkeer (medegelowiges) laat jou genoeg vertrou om oor die brug te ry, na die onsienlike anderkant.
Dit is soos 'n brug in mistige weer. Jy kan nie sien of die brug anderkant weer grond raak nie. Maar jou vorige ervarings en die beweging van die verkeer (medegelowiges) laat jou genoeg vertrou om oor die brug te ry, na die onsienlike anderkant.
Daarom
moedig die Hebreërskrywer ons aan, om al word ons armer in fisiese
dinge, ons ryker moet word in geestelike dinge. Liggaam en gees,
daaruit bestaan die mens. Die liggaam kwyn met ouderdom, maar die
geestelike groei soos ons ouer word. Wie geestelik groei, groei in
sy/haar geloof. Juis daarom moet ons klem lê op die geestelike
onsienlike, aldus die Hebreër skrywer.
VRAE
VIR OORPEINSING:
1. Dink na oor die
Halleluja en Klaagliedere – ervarings in jou lewe ? Hoe het dit
jou geloof beïnvloed ?
2. Dink aan praktiese
maniere hoe 'n mens in jou geloofslewe gevorm kan word, tot
geestelike rykdom ?
Newbegin, L.1978.The Open Secret: An introduction to the theology of Mission. Eerdsmans: SPCK.
Orsmond, E & Botha, J. 2012. Woord en Fees: Preekstudies en liturgiese voorstelle,
gebaseer op kerkjaar C. Communitas: Matieland
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking