ARM IN DIE GEES
TEENOOR
“GO – GETTER EN
PUSHERS”
“Soos
borsluise en vlooie op ‘n hond spring so spring bekommernisse en lewenssorge op
mense.” So skryf een van ons nuwe digters.
Want
ons “default” is om onafhanklik te wees van almal, verkieslik so min as
moontlik van God ook. Die hele bemarkingsisteem is daarop ingestel om vir mense
vryheid en onafhanklikheid te gee.
Jongmense
word geleer om “Go-getters” te word.
Soos JB Philips dit stel: Geseënd is die
pushers,
want hul kom iewers in die wêreld. Ons is immers in die wêreld nou. Wees ‘n
Go-getter en ‘n Pusher en jy sal êrens kom. Word ‘n Idol en ander sal van jou afhanklik wees.
Dit
staan lynreg teenoor die 1 ste Seënbede wat leer: “Geseënd is die wat weet hoe
afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.
Wie
wil as mens die koninkryk beêrwe, as ek die wêreld kan wen.
Wees
afhanklik - God afhanklik. Ewald van Rensburg skryf sulke mense dink nie minder
oor hulself nie, hul dink net reg oorhulself. Hulle weet hul het God baie
nodig, broodnodig.
Met
die uittog uit Egipte het God die Israeliete vir 40 jaar deur die woestyn
gelei. In Egipte was hul slawe gewees, maar hul was onafhanklik, in die s’n dat
hul geweet het dat hul kos verseker was. Hulle het hul eie wingerde, vee,
parskuipe, gesaaides, spense en kruike gehad. Sou daar dinge verkeerd loop, was
die Farao hul versekerspolis. Hy sou beslis sorg dat hul nie uitsterf nie, want
die Israeliete was vir hom baie nodig om as slawe gebruik te word.
In
die woestyn moes hul klaarkom met hul daaglikse kwota manna en kwartels. Hulle
kon niks gebêre het nie. Dit sou vrot geword het as hulle dit sou durf waag om
op te gaar vir die volgende dag. Enigiets wat hul wou bêre sou vrot word en
begin om sleg te ruik. As iemand durf oortree, sou almal weet van hul oortreding, want alles rondom
hulle het begin stink van vrot manna en kwartels.
Die
Israeliete het letterlik in die aand
gaan slaap en nie geweet waarhul brood môre vandaan gaan kom nie ? Maar elke
oggend het God klokslag vir hulle manna gegee en elke aand klokslag kwartels.
Eugene Peterson se “Message” stel dit so pragtig:
“At
dusk you will eat meat and at dawn you’ll eat your fill of bread; and you’ll
realize that I am God, YOUR God.” Die
Here het hul geleer om op HOM alleen te vertrou.
Eugene
Peterson vertaal Mat 5: 3 as volg : “
You’re blessed when you’re at the end of your robe. With less of you there is
more of God and his rule. “
Wat
beteken dit om op die end van jou tou te wees ? Dit beteken om arm in die gees te wees (Grieks). Dit
sou ook kon beteken om arm aan geesteskrag te wees, om ‘n soort gebrokenheid
oor myself te hê. Dit beteken om oorweldig te word met emosies van
moedeloosheid, hartseer, gebrokenheid en desperaatheid. Eers wanneer jy
radeloos en verslae is, leeg van jouself en in totale wanhoop kan jy verstaan
wat dit beteken om van God afhanklik te wees. Martin Luther sê ons is
“bedelaars” voor God. Wanneer jy vir God kies uit noodweer en nie uit eie keuse
nie, weet jy eers hoe nodig, broodnodig het jy vir God.
Wie so arm word aan homself, dat niks meer van homself / haarself oorbly nie .... word 'n Koninkryksburger. Sien jy kans om so arm te word ?
(Ds. Paul Odendaal is leraar van NG kerk Adelaide)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking